Posted on May 14, 2009 by Paula

Trane oor my wange
sypel deur my seer hart
deur eensaamheid, alleen
my menswees apart
Trane oor my wange
sypel deur herringeringe
deur pyn van jonk wees
my ervaringe
Trane oor my wange
sypel deur seer emosies
deur donker gange
my mollestasies
Trane oor my wange
sypel deur diep klowe
deur donker poele
my hart verdowe
Trane oor my wange
sypel deur doodsheid
deur verwronge sinne
my misvormdheid
© 2005 Paula-Christine
Filed under: dagboek | Tagged: depressie, Gedigte | 6 Comments »
Posted on May 13, 2009 by Paula
Ek le plat in die bed … sodra ek my kop optel kry ek “brein zaps” en wil ek omkap! ‘n Aaklike gevoel! Manlief het weereens een van die dokters geskakel en die het gese dat dit die Cilift is … ontrekkingssimptome. Sy beveel aan dat ek vir ‘n maand lank ‘n halwe Cilift saam met die Cymbalta drink. Ek weet nie ……. volgens die navorsing wat ek op die internet gedoen het maak Cymbalta dieselfde … ek weet nou nie meer watter kant toe nie!
Filed under: dagboek | Tagged: brein zaps, Cilift, Cymbalta | 12 Comments »
Posted on May 12, 2009 by Paula
Voel vandag so 1% beter … moes gaan werk aangesien manlief Standerton toe is vir ‘n gasinstallasie. Ek moet my baie baie stil gedra .. geen skielike en vinnige bewerings nie … anders kry ek “brein zaps” en voel asof ek wil omval en uit pass. My gemoed is af en ek is baie kort van draad.
Ek het besluit om my nuwe depresant, Cymbalta, waarop ek nou vir 2 maande is te los … stelselmatig. Ek vermoed die Cymbalta is die doring in die vlees. Maar nou is ek te bang om weer op Cilift te gaan … my vorige depresante. Die Cilift gee my ook “brein zaps” as ek vergeet om te drink … nie ‘n aangename gevoel nie! Ek oorweeg dit om op Snt Joseph Ward te gaan wat ‘n natuurlike depresant is … maar of dit my gaan help weet ek nie!
Voordat ek op depresante gesit is so 10 jaar gelede het ek baie swaar gekry … ek was erg depressief, morbied, swartgallig en het selfmoord gedagtes gehad. Lelik se ek julle … lelik! Ek sien nie weer kans vir dit nie … maar weet nie meer waarheen nie! En wat van die angsaanvalle wat ek so vreeslik gekry het dat manlief omtrent een keer per week met my hospitaal toe moes jaag … gewoontlik 2uur die oggend! Ek wil nie weer die arme man daardeer sit nie.
Die dokter wat my gediagnoseer het het vir my gese dat my depressie deels ‘n brein wanfunksie was en deel sielkundig. Die deels sielkundig het ek nog nie uitgesorteer nie … weet nie of ek ook die moed het daarvoor nie. Die brein wanfunksie is toe my Cipramil en toe met Cilift gedokter … vir 10 jaar nou.
So laat verlede jaar het my angsvlakke toegeneem en ek het weer ‘n Psigiater gaan sien daaromtrent … sy het my toe op Cymbalte gesit. Ek het lank gewik en weeg voordat ek dit begin neem het .. en nou sit ek met die nagevolge. So, ek weet nie nou watter pad om te loop nie … die ou pad of ‘n nuwe pad met natuurlike medikasie?
Filed under: dagboek | Tagged: angsaanvalle, brein zaps, Cilift, Cipramil, Cymbalta, depressie | 7 Comments »
Posted on May 11, 2009 by Paula
Ek is moedeloos! Ek is al van 11hoo vanoggend in die bed. Dit lyk asof die pille wat ek drink nie met my werk nie. Ek voel ontsettend sleg en dit lyk asof die pille my epilepsie aanbring. Dit is nie lekker om so te leef nie. Manlief het vandag my dokters geskakel en nie een het teruggekom na hom nie. Almal is te besig en die ander belowe om dadelik terug te bel. Wel, dit is nou half tien die aand en ons wag nog steeds. Lyk nie asof hulle veel omgee nie!
Filed under: dagboek | Tagged: moeg, siek | 11 Comments »
Posted on May 10, 2009 by Paula
Ek het ‘n wonderlike Moedersdag gehad.
Ek het vanoggend lekker laat geslaap … later opgestaan om toilet toe te gaan en terug in die bed geklim … en in manlief se arms genessel … sonder om iets agter te kom. Manlief het met sy oe na my bedkassie beduie en daar staan toe ‘n groot bos blomme, ‘n pragtige kaartjie en ‘n boks sjokolade! Ek het dit nie eers opgemerk toe ek uit en in die bed klim nie! Paul het agterna my met ‘n koppie koffie in die bed bederf. Ek het sulke wonderlike mansmense in my lewe!
Later het ons klaargemaak en ‘n ietsie gaan eet by die Kollonade .. waarna ons na ‘n Pretorius outjie gaan luister het wat by Montana Traders gesing het. Ek dink dit was Gerrie Pretorius. Pragtige stem!
Dankie nogmals aan manlief en my twee pragtige seuns!
Filed under: dagboek | Tagged: Moedersdag | 5 Comments »
Posted on May 7, 2009 by Paula
My hart gaan vanaand uit na daardie moeder wat haar 4 dogtertjies verloor het … afgestaan het aan die dood. Ek kan net vir God vra om daardie vrou en haar familie te omvou, hulle sterk te maak en te troos. Ek kan hulle net opdra aan die Here … Hy is in beheer en Hy weet wat sy kinders nodig het.
The sorrow of the faithful
is not that of permanent loss,
but the tender sense of sadness
that comes in saying good-bye for now
to someone we love.
May today’s sorrow give way
to the peace and
comfort of God’s love.

Filed under: dagboek | Tagged: dood, hartseer, verlies | 8 Comments »
Posted on May 5, 2009 by Paula
Ek het uiteindelik internet by die huis. Hoe hy werk weet ek nie .. manlief het hom vir my gekry en laat installeer. Nou het ek tyd om aan my persoonlike goedjies te spandeer. Ons is hopeloos te besig by die winkel vir die soort van ding.
Ek het ‘n moeilike tydjie agter die blad wat my gesondheid aanbetref. My bloedtoetse het bewys dat ek te veel Eltroxin inneem, my suiker is te hoog en my colestrol is dubbel as wat dit moet wees …. en moet nie vergeet van my yster tekort nie! Genade nee, ek raak nou behoorlik oud se ek julle! Ek drink baie nuwe pille en my liggaam moet nou eers gewoond raak daaraan …. tot dan voel ek soos ‘n dit se dat! Maar ek sien darem lig aan die einde van die tonnel … of ek hoop dit is ‘n lig en nie ‘n trein wat op my afstorm nie!
Filed under: dagboek | Tagged: bloedtoetse, Eltroxin, olik, skildklier, werk | 18 Comments »
Posted on April 2, 2009 by Paula
Ek het Facebook ontdek en in die proses ook 6 ou skoolmaats raakgeloop. Ongelooflik!
Laat my terugdink aan matriek (1983 Ben Viljoen Hoërskool). Ek was nie ‘n gelukkige mens nie … ek het minderwaardig gevoel, was bedruk, kwaad, beangs en depressief. Ek het nie geweet hoekom ek so voel nie .. en sou eers jare later uitvind dat dit die nagevolge was van traumatiese gebeure in my kinderjare. Ek was seker die stilste matriekleerling in die skool. Het nie boe of ba gesê nie. Ek het nie veel maats gehad nie .. eintlik geen maats. Ek was bevriend met Estie, maar aan die begin van die jaar was ons ook nie meer maats nie. Ek dink nie sy kon my buie verstaan en hanteer nie. Ek neem haar nie kwalik nie … ek is net baie jammer dat ek nie ‘n goeie vriendin vir haar was nie. Ek het daardie jaar rondgedobber … (my eie skuld).
My matriekafskeid was hartseer. Ek wat so lief was vir dans moes heel aand by die tafel sit en kyk hoe die ander hulleself geniet. My voete het gejeuk om te dans … maar niemand wou my vra nie. Een goeie dink het uit daardie naweek gekom .. en dit is dat ek en Estie weer met mekaar begin praat het.

- My enigste matriekafskeid foto
Na matriek het ek begin werk op Dennilston (30km uit Groblersdal) en het nie weer kontak gehad met enige van die matrieks nie. Ek het later uit Groblersdal verhuis toe ek eendag van Sonja ’n oproep ontvang. Dit is die 1983 matrieks se 10 jaar reunie. Ek wou gaan, maar was nie gereed nie … het nie goeie memories gehad nie. Daarna het ek nooit weer ‘n uitnodiging gekry nie. Dit is nou hoeveel jare later en die ongelukkige memories maak nie meer saak nie … ek het dit ontgroei. Dit is nou weer goed om van die ou matrieks raak te loop en memories te deel.
Hopelik hou ons weer eendag ‘n reunie …
Filed under: dagboek | Tagged: 1983, Ben Viljoen Hoërskool, Facebook, maats, matriek, matriekafskeid, reunie | 17 Comments »
Posted on March 30, 2009 by Paula
Wat ‘n week! Nie een wat ek sommer weer wil oorhê nie!
Verlede Woensdag het Paul Engeland toe gevlieg saam met 49 ander skoolmaats. Dit is ‘n toer van 2 weke van die Engelse depatement van die skool gereël het. Moet nie vra wat die kostes was nie! Iets vreesliks. En nog steeds in daar nie einde nie. Hy bel my vanoggend om te sê hy kort nog geld …
Gelukkig is my kind veilig. Hy vertêl my net dat dit baie koud is. Hy het nog nooit so koud gekry nie … en gelukkig het sy ma vir hom baie warm klere ingepad (onder andere long johns en ‘n tarka). So ek glo nie hy sal sommer doodvries nie
Hulle was gister en vandag in Skotland en more ry hulle na Ierland. Ai … wens ek was hy! Kan nie wag vir al die fotos nie!
My die werk gaan die doller as dol. Ek het eenvoudig nie tyd om vir ‘n uurtjie stil te sit nie. Die vrugtesappe begin nou loop en ek maak aan dat die sap so spat … ek voel al soos ‘n mango! Ek pak die yskas vol sap en as ek my rug draai is ons uit voorraad. Bly maar net nie voor nie. Die publiek het nou agtergekom dat ons vrugtesappe die beste in die kontrei is. Moet miskien dink aan ‘n Juice on tap.
Moreoggend trek skoonma hulle na Middelburg. Kan nie wag om weer die huis vir onsself te hê nie … maar heel moontlik trek my ma weer by ons in. Lyk my nie ons sal ooit wen nie! Maar dit is seker ons taak om na ons ouers om te sien op hulle oudag … wat dan anders?
Filed under: dagboek | Tagged: Engeland, Ierland, LiquaJuice, Middelburg, Paul, skoonouers, Skotland, toer, vrugtesap | 7 Comments »